Voetstoots
  • Published:
    Oct-2020
  • Formats:
    eBook
  • Main Genre:
    General Fiction
  • Pages:
    408
  • Purchase:
  • Share:
Voetstoots is 'n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou.'n Begrafnisbrief uit Holland. 'n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om 'n kind te begrawe. 'n Glips met bensien in die tamatieslaai. 'n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder 'n woord van eer. 'n Eensame oom wie se hondjie op 'n sypaadjie doodgebyt is. 'n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. 'n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in 'n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.
Click on any of the links above to see more books like this one.



EDITIONS
Sign in to see more editions
    • First Edition
    • Oct-2020
    • Penguin
    • eBook
    • ISBN: 1776095251
    • ISBN13: 9781776095254



View the Complete Annelie Botes Book List