Op Reis Met 'n Hond
  • Published:
    Sep-2010
  • Formats:
    eBook
  • Main Genre:
    General Fiction
  • Pages:
    220
  • Purchase:
  • Share:
'n Interessante en gesaghebbende nuwe vertellerstem. Die vertellings in hierdie debuutbundel speel op mekaar in en ontgin op onderbeklemtoonde wyse en in 'n elegiese toonaard temas soos verlies, die verlede, geweld, vervreemding, skuld, die rol van kuns, die spanning tussen die Europese en Afrika-bewussyn.   Dieselfde stem klink deur al die vertellings, wat gekenmerk word deur fyn waarneming en herhalende motiewe, met oomblikke van wrang humor (in bv. die makaber-humoristiese ‘“Skemeraand op 'n Boereplaas, oftewel Götterdämmerung op Gebedsfontein”).Herhalende motiewe sluit onder meer in die hond (as simbool van die onontkombaarheid van die verlede, van die dood?), die politiese onsekerheid in die land, die kunstenaarsfiguur wat vervreem word van die werklikheid en ontvlugting vind in die Europese letterkunde. Die vertellings is uiteindelik 'n óópteken van 'n landskap van verlies, maar nie sonder 'n afstandelike ironie en die salwing wat kuns en herinneringe ook kan bring nie.
Click on any of the links above to see more books like this one.



EDITIONS
Sign in to see more editions
    • First Edition
    • Sep-2010
    • Human & Rosseau
    • eBook
    • ISBN: 079815327X
    • ISBN13: 9780798153270
    •  
    • Sep-2010
    • Human & Rousseau
    • eBook (Kindle)



View the Complete Anna Kemp Book List